Om ou wensbeentjies uit die kas te haal

KOS

Om ou wensbeentjies uit die kas te haal

Daar is baie aan die moderne hoender, wat nou massavervaardig en meestal in bevrore vorm aan ons bekend is, wat ons nie meer waardeer nie. HERMAN LATEGAN wonder byvoorbeeld wat van die wensbeentjie geword het.

WAT het van die beskeie wensbeentjie geword? Hy wat soos die mikstok van 'n kettie lyk. Is dit nou soos die Y in verby? Nes spikkelwit vuurvliegies wat nie meer skitter in die nag nie ...

Wie onthou toe bruingebakte hoenders nog groot, vet en sappig was? Iedereen om die tafel, veral die jongklomp, het teen die einde van die maaltyd daarna gesmag om daardie geluksbeentjie vas te hou.

Twee van hulle hou dan die been vas. Eers bestudeer hulle dit 'n wyle intens voordat daar besluit word watter kant van die wonderbeen hulle verlangens en drome sal bewaarheid. Die eerste wens het dus reeds gebeur – help my, laat ek tog die gelukbringer kry...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.