Die grammatika van liefhê

DIE LAASTE WOORD

Die grammatika van liefhê

Ons boekeredakteur wonder oor taal- en tongkonstruksies en die raaiselagtige meetkunde van die liefde.

Die grammatika van liefhê was die titel van J.C. Steyn se debuutdigbundel. Só word dit beskryf: “(Die bundel) plaas die fokus op sowel persoonlike problematiek (die ek in sy verhouding tot homself en die liefde) as ’n fyn spel met die taal. Die klem is op die betekenismoontlikhede van woorde, onder meer in assosiasie met ander woorde.”

Kom ons loer ’n bietjie na woorde vir geliefdes. Nie soseer troetelwoorde nie as woorde wat ons inspan om te verwys na ons geliefdes. Soos baie selfstandige naamwoorde in ons taal en alle tale, het hierdie woorde baie minder genderspesifiek geword. Natuurlik juig ek daaroor. Ons ma’s was sekretaresses, aktrises, kunstenaresse, pottebaksters, rekenmeesteresse, vroueprokureurs. Al daardie -esse en -sters het weggeval, dank die hemel.

Nou oor geliefdes. Baie gay vroue praat met trots van hulle vrou, maar dit het nog nooit lekker in my mond gelê nie. As ek van my vrou sou praat, sou ek voel soos ’n besnorde Pretoria-man wat wydsbeen staan en piepie. Met ’n dawerende poep. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.