EK is nie altyd so seker van nuutskeppings nie. ’n Mens wil graag kreatief bly en die taal soepel hou, maar dikwels is daar iets net te oulik en selftevrede aan ’n neologisme, soos ’n pun. Iets triomfantelik en gedwonge.
Daar was ’n tyd toe dit in die mode was, in die 1970's, dink ek, toe die spitsvondige Fanus Rautenbach in die oggend koning gekraai het met die radioprogram Flinkveria. Woorde soos hysbakkies vir facelift is weliswaar slim, maar dalk net effens te oulik. Dieselfde geld in die oortreffende trap vir woorde soos googleloer en vergrypkyk vir binge-watching. Sulke woorde verouder nie altyd goed nie. Knortjor en bromponie het in die volksmond posgevat, en poegie. Kitskoffie en kitskos werk lekker. Groepswoeps vir orgy is slim.
Aan die begindae van TV in Suid-Afrika het ons gepraat van beeldradio. Dit het uitgesterf. TV is eenvoudig soveel korter. In Duits is sulke uitgedinkte woorde baie gewild, maar ek dink Engels begin ook daar die veldslag wen. TV in Duits is Fernseher: iets wat jou ver kan laat sien. ’n Woord wat een van ons digters op Facebook as ’n ou gunsteling uitgewys het, rol so lekker van die tong af: Etienne van Heerden se moddertortels: Rundfunk (uitsaai). Nou duik daar in my Duitse Wördl allerlei Engelse woorde op...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
DIE LAASTE WOORD
Is jy varsgebek of blinkstefaans-briljantjie?
DEBORAH STEINMAIR wonder oor neologismes. Wanneer werk dit, wanneer is dit te gedwonge?
Deel
EK is nie altyd so seker van nuutskeppings nie. ’n Mens wil graag kreatief bly en die taal soepel hou, maar dikwels is daar iets net te oulik en selftevrede aan ’n neologisme, soos ’n pun. Iets triomfantelik en gedwonge.
Daar was ’n tyd toe dit in die mode was, in die 1970's, dink ek, toe die spitsvondige Fanus Rautenbach in die oggend koning gekraai het met die radioprogram Flinkveria. Woorde soos hysbakkies vir facelift is weliswaar slim, maar dalk net effens te oulik. Dieselfde geld in die oortreffende trap vir woorde soos googleloer en vergrypkyk vir binge-watching. Sulke woorde verouder nie altyd goed nie. Knortjor en bromponie het in die volksmond posgevat, en poegie. Kitskoffie en kitskos werk lekker. Groepswoeps vir orgy is slim.
Aan die begindae van TV in Suid-Afrika het ons gepraat van beeldradio. Dit het uitgesterf. TV is eenvoudig soveel korter. In Duits is sulke uitgedinkte woorde baie gewild, maar ek dink Engels begin ook daar die veldslag wen. TV in Duits is Fernseher: iets wat jou ver kan laat sien. ’n Woord wat een van ons digters op Facebook as ’n ou gunsteling uitgewys het, rol so lekker van die tong af: Etienne van Heerden se moddertortels: Rundfunk (uitsaai). Nou duik daar in my Duitse Wördl allerlei Engelse woorde op...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Op soek na die liefkosing van woorde
Kom ons praat sag en bemoedigend
Oor alleen dronk word in jou onderklere
Die ruimtes tussen sinne
Al gehoor van katstertkarelpoep?
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.