Sou hy gister ’n boek wou gelees het?

DIE LAASTE WOORD

Sou hy gister ’n boek wou gelees het?

Ons boekeredakteur wonder oor aanlyn programme wat beskikbaar is om vreemde tale aan te leer en wat eindeloos hamer op verbuigings en grammatikale reëls, sodat die leerder algaande al hoe minder weet.

EK doen reeds ’n paar jaar lank soggens die vingeroefeninge van Duolingo, ’n aanlyn taalprogram. Eers wou ek Italiaans leer, maar toe ek agterkom daar is 15 tye (tenses), het ek opgetens. Gebruik ek die passato prossimo of die imperfetto? En wat van die gevreesde congiuntivo? Die probleem is natuurlik die verdomde werkwoorde.

In Afrikaans verbuig ons nie werkwoorde nie. Ons, julle, ek, jy, hy, sy, IS eenvoudig. Ons lees, ek lees, jy lees, hulle lees, sy lees. Glo my, nie in Italiaans nie. Die infinitiewe vorm van “lees” is “leggere”. As hy ’n boek lees, sê jy lui legge un libro. In Afrikaans voeg ons “het ge-" by die werkwoord vir die verlede tyd, eenvoudig soos dit. Mamma mia, nie in Italiaans nie, hoor. As hy gister ’n boek gelees het, seg jy lui ha letto un libro ieri, (kyk hoe slinks het “leggere” in “letto” verander). As hy môre ’n boek gaan lees, verklaar jy: lui leggerà un libro domani.

Koop geskenkbewys hier (https://www.vryeweekblad.com/buy/product/4b42a778-17d5-429e-87bb-f5db3a3638e2?gift=true)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.