DIT was weer lawwe seisoen. As vervaardigers en winkelsentrums hulle sin kry, duur dit van Oktober tot Januarie. Woorde, my passie, flikker oraloor in gekleurde liggies en rendiere kopspeel en knipoog. Families kuier. En kuier. Woorde word rondgestrooi soos vals sneeu en hulle word nie altyd mooi gekies nie. Dié van ons wat sinne sorgvuldig weeg, rangskik en redigeer in ons kop voor ons ons mond oopmaak, kry nooit ’n woord in om die feestafel nie. Dis ’n Babelse gebabbel.
Vir iemand wat taal dophou, bly dialoog fassinerend. Dit bestaan meestal uit halwe sinne en kodetaal wat eie is aan ’n groep. Min skrywers kry dit reg en as hulle dit regkry, is dit dikwels raaiselagtig en obskuur, soos by James Joyce. Jy moes daar gewees het. Jy moet reeds jare deel van ’n groep wees om die negatiewe ruimtes tussen woorde te interpreteer. Alles het ’n agtergrondstorie. Later ken jy elke lid van die uitgebreide, aangestikte familie se kleintydseer en oerwonde. Jy maak vergunnings, neem konteks in ag. “Dis weer ’n Swakop.” “Nie Nellie nie, nie Rosie nie.” Laasgenoemde is wat my een oom gesê het wanneer hy weglê aan ’n smaaklike ete: Hy het na drie nooiens gevry; Nellie, Rosie en Lida, en uiteindelik met Lida, uithalerkok, getrou.
Subtiele verskille..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
DIE LAASTE WOORD
Luister, alle grappies op ’n kebab!
Ons boekeredakteur is gewoonlik 'n vlieg teen die muur by familiefeesvieringe en spits haar ore vir woorde.
Deel
DIT was weer lawwe seisoen. As vervaardigers en winkelsentrums hulle sin kry, duur dit van Oktober tot Januarie. Woorde, my passie, flikker oraloor in gekleurde liggies en rendiere kopspeel en knipoog. Families kuier. En kuier. Woorde word rondgestrooi soos vals sneeu en hulle word nie altyd mooi gekies nie. Dié van ons wat sinne sorgvuldig weeg, rangskik en redigeer in ons kop voor ons ons mond oopmaak, kry nooit ’n woord in om die feestafel nie. Dis ’n Babelse gebabbel.
Vir iemand wat taal dophou, bly dialoog fassinerend. Dit bestaan meestal uit halwe sinne en kodetaal wat eie is aan ’n groep. Min skrywers kry dit reg en as hulle dit regkry, is dit dikwels raaiselagtig en obskuur, soos by James Joyce. Jy moes daar gewees het. Jy moet reeds jare deel van ’n groep wees om die negatiewe ruimtes tussen woorde te interpreteer. Alles het ’n agtergrondstorie. Later ken jy elke lid van die uitgebreide, aangestikte familie se kleintydseer en oerwonde. Jy maak vergunnings, neem konteks in ag. “Dis weer ’n Swakop.” “Nie Nellie nie, nie Rosie nie.” Laasgenoemde is wat my een oom gesê het wanneer hy weglê aan ’n smaaklike ete: Hy het na drie nooiens gevry; Nellie, Rosie en Lida, en uiteindelik met Lida, uithalerkok, getrou.
Subtiele verskille..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Hings van Zyl se rooi hakskene onder die boom
Koerland kan maar kom
Sou hy gister ’n boek wou gelees het?
Anna Blom se geel hare is blou
’n Speelse slet woeker in ons gemoed
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.