Woorde wat in die snippermandjie hoort

DIE LAASTE WOORD

Woorde wat in die snippermandjie hoort

Dis 2025 en ons kan oorbegin. Watter woorde het uitgedien en betekenisloos geword? wonder ons boekeredakteur.

WOORDE is wapens. As daar al ooit ’n onwaar gesegde was, is dit: Sticks and stones may break my bones, but words can never hurt me. Ek lees ’n weergawe wat nader aan die waarheid is: Sticks and stones may break bones, but words can shatter souls.

Dit het ek weer besef toe ek die Apple TV-reeks Disclaimer kyk. Ons is so gewoond daaraan om te glo wat ons hoor of lees. In hierdie reeks skryf ’n vrou ’n boek oor haar seun Jonathan se verdrinking in Italië. Sy baseer haar narratief op ’n handvol foto’s wat sy laat ontwikkel het nadat sy sy besittings gaan haal en die laaste foto’s in sy kamera laat ontwikkel het. Die foto’s is van Catherine, effens ouer as die skrywer se 19-jarige seun: Baie ontblotende naakfoto’s, sensueel en amper pornografies. Dis Catherine se seuntjie wat Jonathan probeer red het toe hy verdrink het. Die kyker vreet hierdie vrou se boek vir soetkoek op. Catherine se lewe is verwoes toe dit verskyn. Verder moet jy self kyk.

Despote en megalomane soos Trump, Musk en Putin besef watse mag woorde het. As jy die pers kan muilband en nek omdraai sodat net ongeverifieerde verdigsels as feite op sosiale media versprei word, het jou teenstanders geen stem nie. Jy bepaal die narratief. Naas vuiste, messe en gewere was woorde nog altyd bullebakke se grootste wapens. As jy die gesprek beheer, kraai jy koning. Jy skep self die werklikheid...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.