LESERSBRIEF | ‘Ons het nie ’n weermag nodig nie’

Breinlose robotte

LESERSBRIEF | ‘Ons het nie ’n weermag nodig nie’

‘Daar is geen nut vir vegvliegtuie, fregatte en duikbote nie.'

  • 19 April 2019
  • Vrye Denker
  • 1 min om te lees
  • artikel 32 van 33


DIE groter tragedie van die wapenskandaal waaroor Erika Gibson skryf, was nie die korrupsie nie, maar die feit dat die nuttelose wapens in die eerste instansie aangekoop is.
Suid Afrika het nie vyande nie. Ons het nie ʼn weermag nodig nie. Daar is geen nut vir vegvliegtuie, fregatte en duikbote nie. Dink net hoeveel skole kon gebou gewees het met die R200 biljoen wat aan die nuttelose wapens bestee is. In 2019 se randwaarde sal dit seker nader aan R2,000 biljoen wees.  
Maar ongelukkig is die mensdom so geïndoktrineer dat almal dink daar moet ʼn weermag wees. Jongmense word gebreinspoel sodat hulle bereid sal wees om ander mense dood te skiet as soldate – hoe barbaars. En dan marsjeer hulle soos breinlose robotte – ook by die opening  van die parlement. Ek dink altyd dit sal nogal mooi ballet wees – die rye jongmense in uniform wat in gelid marsjeer, arms woes swaai, bene uitskop. Maar eintlik is dit baie tragies, want hulle dra gewere.
Terloops, Max, geluk met die eerste uitgawe van die elektroniese Vrye Weekblad. Ek het destyds op vier uitgawes ingeteken en dit vir ander uitgedeel. Ek het dikwels briewe geskryf, maar altyd onder ʼn vals naam en vals adres, want ek was bang die veiligheidspolisie onderskep die briewe by die poskantoor.
Piet Claasen
(Geredigeer)

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.