LESERSBRIEF | ‘Soos skille van my oë’

Geruk en geskud

LESERSBRIEF | ‘Soos skille van my oë’

‘Toe ek VWB die eerste keer gelees het, was ek nog 'n “reggeaarde leraar” '

  • 19 April 2019
  • Vrye Denker
  • 1 min om te lees
  • artikel 29 van 33


BAIE dankie dat julle VWB laat herleef. Toe ek VWB die eerste keer gelees het, was ek nog 'n “reggeaarde leraar” (ai tog!) in die Hervormde Kerk in Krugersdorp. Een van die artikels wat ek altyd sal onthou, was een oor Nelson Mandela - destyds nog in die tronk. Dit het my geruk, geskud, nog 'n ekstra paar skille van my oë laat wegval en finaal my beskouing oor die “groot bedreiging" verander. VWB het 'n groot rol in my lewe gespeel in daardie tyd. Ek vermoed ek het dalk nog al my ou koerantweergawes iewers in 'n boks. 
Soos in daardie jare, geniet ek julle joernalistiek. Die analises van ons huidige landspolitiek en die artikels oor spesifieke mense is aangrypend. Veral Jacques Pauw se herbesoek aan Rwanda - aangrypend en emosioneel sonder om stroperig te wees.
Ag, sommer net baie dankie!!! Ek lees lekker!
Philip Nolte
(Geredigeer)

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.