Wil jy reis? Dan moet jy só lyk

VISA-AANSOEK IS HEL

Wil jy reis? Dan moet jy só lyk

Niemand vra die Europeër watter werk sy doen nie. Dit word aanvaar dat sy is wie sy sê sy is. Daar word aangeneem sy sal nie probeer om onwettig te immigreer na een van die Afrikalande wat sy besoek nie, want hoekom sou sy?Daarenteen is die (Suid-)Afrikaan wat wil reis 'n bedreiging, skryf AZILLE COETZEE.

“That the native doesn’t like the tourist is not hard to explain. For every native of every place is a potential tourist, and every tourist is a native of somewhere[...]. But some natives – most natives in the world – cannot go anywhere [...] They are too poor to escape the reality of their lives; and they are too poor to live properly in the place where they live, which is the very place you, the tourist, want to go [...]” – Jamaica Kincaid, A Small Place (1988).

DIE metaalverklikker piep toe ek daardeur loop. Die sekuriteitswag kyk my op en af. Kom maar deur, besluit hy. Dan deursoek hy my handsak. Hy vind geen wapens of ander gevaarlike voorwerpe nie en beduie dat ek maar by die volgende deur kan ingaan. Nog 'n sekuriteitswag.
Sy stop my 'n sleutel in die hand en wys in die rigting van 'n paar kluise. Handsak, sê sy. Ek sal verkies om dit by my te hou, sê ek.
“No handbags allowed,” sê sy. “Hoekom nie?” vra ek.
Sy staan op, skerm my weg van die ingang, ingeval ek iets probeer. “Is daar 'n probleem, Mevrou?” vra sy.
Gedweë sluit ek my handsak in die kluis toe. Dan gaan staan ek met sweterige handpalms saam met die ander mense in die ry en wag tjoepstil my beurt af.
Waar is ek? Nie by 'n tronk of 'n kernkragsentrale of 'n lughawe nie, maar by VFS Global in Strandstraat in Kaapstad om aansoek te doen vir 'n Schengen-toeristevisum.
Die VFS-beampte blaai deur die dik lêer dokumente wat ek voor haar neersit. Daar is bewyse van die akkommodasie wat ek bespreek het vir elke aand van my reis. Ek moet wys dat ek treinkaartjies het om te beweeg tussen die stede.
Sy kyk deur my bankstate, frons effens. Sy omkring die geld wat elke maand in my rekening verskyn.
Waar kom dit vandaan? vra sy. Dis my beursgeld. Dis minder as die gespesifiseerde bedrag wat 'n mens in jou rekening moet hê om van Suid-Afrika af na die spesifieke Europese land te reis.
Maar, wys ek haar, ek het die res van die geld uit my spaargeld inbetaal. Sy vra dat ek weer my reisplan vir haar uitlê. Hoeveel aande waar, watter datums waarheen.
Sy knik, maak my dokumente bymekaar en stuur my in die rigting van die biometrietoonbank. Met gesigsherkenning-programmatuur en vingerafdrukskandeerders lê hulle die unieke, identifiserende details van my liggaam op hul sekuriteitsisteme vas.
Dan neem hulle my paspoort en stuur my daar weg. Ek het nie geregistreer vir die premiumdiens teen R500 ekstra nie (dit het my reeds R1,600 gekos om net die “gewone” afspraak te maak), so ek kwalifiseer ongelukkig nie vir die waarborg dat hulle my paspoort en persoonlike besonderhede heeltemal veilig sal hanteer nie.

Outentiek vir die Westerlinge
Ek stap uit in Strandstraat en sien dadelik twee Duitsers. Die stad wemel van hulle. Nederlanders, Franse, Amerikaners.
Ons leef immers in 'n globaliserende wêreld, een wat op kulturele, politieke en ekonomiese vlakke afhanklik is van die vrye beweging van mense, goedere, geld, en idees. Om te reis is 'n edele en verruimende aktiwiteit, integraal tot 'n nadenkende lewe, sal enige Nederlander dadelik vir jou sê. Die wêreld is jou oester, jou agterplaas.
Hierdie idee is so gevestig dat toerisme vandag een van die grootste internasionale bedrywe is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.