Vrye Weekblad is nou 'n maand en 'n half oud – in sy digitale formaat, natuurlik.
In hierdie tyd het ons verskeie e-posse ontvang van lesers wat vra of hulle reeds kan betaal, maar ons het doelbewus tydens die eerste twee maande slegs registrasie geverg en nie 'n intekenfooi nie. Sodoende kon almal eers 'n kans kry om te sien hoe Vrye Weekblad nou lyk.
Aan die begin van Junie gaan jy wel moet inteken om elke nuwe uitgawe van Vrye Weekblad ten volle te kan lees. Maar voor ons daar uitkom, wil ons een guns vra: voltooi asseblief ons meningsopname en sê wat jy sover dink.
Ons sal dan oor 'n week of so die intekenfooi kan bekend maak. (En ja, daar sal afslag vir pensioenarisse wees.)
Die meningsopname sal op Donderdag 23 Mei sluit.
En daar's goeie nuus: drie lesers wat die opname voltooi, sal elk drie maande gratis toegang tot Vrye Weekblad wen.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.