Skande, skade en Twitter-tirade – en stories wat met jou...

BULLETIN

Skande, skade en Twitter-tirade – en stories wat met jou hartsnare sal werk

Nuusbulletin: 23 MEI 2019


Goeiemiddag 
Ons woeker aan môre se uitgawe. Hier is wat julle kan verwag:
Jacques Pauw skryf oor Brian Molefe en hoe die verhouding met Atul Gupta sowel Transnet as Eskom in puin gelê het. Max du Preez ontleed Helen Zille se nuutste Twitter-tirade, terwyl Carol Paton haar geskiedenis as premier van die Wes-Kaap in oënskou neem.
Piet Croucamp kyk na die grondkwessie en die onteiening-sonder-vergoeding-doodloopstraat waarin ons ons tans bevind.
Ons analiseer wat in die DA aangaan. Wat lê vir die party voor? Kan hulle hulleself regruk? (Terloops, meer as 60% van julle het in ons Facebook-peiling gesê julle glo nie Mmusi Maimane is die regte leier om dié party die toekoms in teneem nie.)
Daar is 'n deurtastende artikel oor kannabis, en 'n skrikwekkende kyk na die absolute verval van gesondheidsdienste in die Noord-Kaap.
Ons plaas ook die skaamtelose bedrog by Steinhoff onder die loep – dit is so diep en so groot dat dit met die Enron-skandaal vergelyk kan word.
Danie Malan verduidelik hoekom Game of Thrones die hartverskeurendste, opwindendste reis is wat hy tot nog toe op sy rusbank onderneem het, en Deborah Steinmair kyk na die opspraakwekkende nuwe boek oor André P. Brink.
Daar is ook heerlike stories van Annelize Visser, Michèle Meyer, Nettie Pikeur en die res van die span oor kos, wyn en ballet. Twee wonderlike, wonderlike stories oor musiek gaan julle hartsnare roer – die rieldansers van Prins Albert en die wêreld se beste koor in Stellenbosch - geskryf deur Madeleine Barnard en Marguerite van Wyk.
En dan is daar skinder. Baie skinder.
Tot môre
Groetnis
Anneliese Burgess en die res van die Vrye Weekblad-span
NS: Julle het daarvoor gevra. Daar is nou plek om kommentaar te lewer op al die stories in Vrye Weekblad. Laat waai en sê julle sê!

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.