LESERSBRIEWE | As ons só aanhou, is daar binnekort niks meer...

DIE KAS IS KAAL

LESERSBRIEWE | As ons só aanhou, is daar binnekort niks meer oor om te steel nie

Wat ons almal verstom laat staan, is die feit dat staatskaping so onder die radar gepleeg is, dat geen man, moer, of muishond daarvan geweet het nie.

  • 24 Mei 2019
  • Vrye Denker
  • 3 min om te lees
  • artikel 30 van 30

'n PROFEET het in die voortyd staan en aanskou hoe 'n kleptokraat deur sy gemeenskap opereer en alles steel en verslind wat voorkom. Toe hy van aangesig tot aangesig met hierdie kleptokraat kom, vra hy hom of daar nie 'n stadium kom waar hy te moeg raak nie, of wanneer die skaamte oor die stelery te groot raak om te absorbeer.
Hierop antwoord die ou dat sy vrees groter is as of die moegheid of die skaamte.
Watter vrees, vra die profeet toe. En hy antwoord: “Die vrees dat daar môre niks meer oor gaan wees om te steel nie.”
Wanneer ons so na die laaste paar jaar kyk, ontstaan die vraag of dit dan nie presies is waar ons nou staan nie. Daar is niks meer oor om te verslind of te steel nie. En gepaard met hierdie vraag wonder ons ook waar die skielike ommeswaai in die politieke dinamika vandaan gekom het.
Kortsigtig en vuisvoos-pessimisties moet ek dink dat daar net drie redes hiervoor kan wees:

Daar is niks oor om te steel nie: 50%-waarskynlikheid
Hulle is uitgevang: 40%-waarskynlikheid
Sanity prevailed: 10%-waarskynlikheid

Wat ons almal verstom laat staan, is die feit dat staatskaping so onder die radar gepleeg is, dat geen man, moer, of muishond daarvan geweet het nie. Cyril was om die tafel, Mmusi was daar en Helen, maar hulle was te besig met óf hulle eie politieke speletjies, óf met CandyCrush, om iets agter te kom.
Die landbouers het 'n gesegde wat sê: “Geen blaar aan 'n boom word geel sonder dat die hele boom daarvan weet nie.”
Ons is sekerlik nou keelvol genoeg dat die stert die hond rondswaai, of hoe? Wie werk vir wie? Werk ek vir die regering of werk die regering vir my? Hulle werk vir my, en ek betaal hulle – ek betaal 'n deel van elke setel in die parlement, so ja, Parlementariërs, julle werk vir my! Lekker nè? Geen KPA’s nie, geen prestasiemeting nie – niks! Julle tos net aan en hoop dinge hou tot die volgende verkiesing, en dan beloof ons weer.
Kom ons sit 'n paar KPA’s in plek:..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.