LESERSBRIEWE | Lonmin-transaksie: Weereens is ons pensioenfonds gemelk

KAN HULLE NOG VERTROU WORD?

LESERSBRIEWE | Lonmin-transaksie: Weereens is ons pensioenfonds gemelk

'n Leser sê daar is geen einde aan die skelmstreke met geld in die Pensioenfonds vir Regeringswerknemers nie.

  • 24 Mei 2019
  • Vrye Denker
  • 1 min om te lees
  • artikel 29 van 30


BY Lonmin word daar al jare lank met die Pensioenfonds vir Regeringswerknemers (GEPF) gedobbel en volgens hierdie berig bly Lonmin 'n vrot belegging. Die geskiedenis en die wyse  van voorgestelde oorname deur Sibanye-Stillwater  is bekend.
Die Vereniging vir Monitering en Voorspraak van Regeringspensioene (AMAGP) was reg om destyds, en baie kere voor dit, oor Lonmin-transaksies te waarsku. In November 2017  koop die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) 'n 10%-aandeel in Sibanye-Stillwater duidelik met die doel om Lonmin oor te neem omdat die OBK nie sy aandeelhouding in Lonmin kon verhoog nie. Die aanbod word die volgende maand gemaak. Nie toevallig nie. 
Volgens hierdie berig het Sibanye-Stillwater se aandeelprys sedertdien met 26% gedaal. Klink bekend, nè? Wie het die transaksie hanteer? Dr. Matjila? Noudat hy weg is en die ruil van aandele nie meer gunstig vir die OBK is nie, skop hulle met reg vas.
Die verloorder? Die melkkoei GEPF. Waar was die mense wat die GEPF se belange moet beskerm? Die raad van trustees en personeel het vir seker kennis geneem van die swak prestasie van Lonmin oor die  jare? Drie regte-uitgifte!!  Elke keer pomp die OBK meer geld in? Natuurlik moes die raad van die pensioenfonds weet? Hulle behoort gevra te word of hulle ooit die Lonmin-transaksies gemoniteer het. 
Kan hulle nog vertrou word met werkers en pensioenarisse se geld?
Hierdie en ander gebeure, veral die wat reeds deur die Mpati-kommissie  geopenbaar is, dui op die teendeel. Moet daar gewag word dat die Mpati-kommissie sy werk afgehandel het en die regering ooit eendag optree? Ons weet mos daar sal intussen met ons geld germors word. –A.P. Stemmet, segspersoon vir die Vereniging vir Monitering en Voorspraak van Regeringspensioene (AMAGP)
NUUT: Jy kan nou kommentaar lewer op hierdie storie. Gaan na heel onder op hierdie bladsy om jou sê te sê. Ons hoor graag van jou!

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.