Godsdiens is groot: #EksklusiwiteitMoetVal

SLYP DIE LITURGIE

Godsdiens is groot: #EksklusiwiteitMoetVal

Wat Sondae in kerke gebeur, sypel deur na elke sfeer van die bestaan van mense wat daaraan deelneem. En godsdiens – en die Christelike geloof – in ons land is groter as wat jy dink. Ons benodig in 2019 meer liturgieë wat die Suid-Afrikaanse diversiteit weerspieël, skryf CAS WEPENER, sodat dit die nasie kan help vorm. Sny oop, sny uit, doen inplantings en oorplantings, en raak ontslae van die kwaadaardige groeisel van eksklusiwiteit.

MARTIN Luther King Jr. het na Sondag se erediens in die VSA verwys as die mees gesegregeerde uur van die week. Dit is nog altyd waar in Noord-Amerika (ek het my sabbatsverlof daar gehad en kan dit bevestig).

Ook in Suid-Afrika is dit inderdaad hoe sake daar uitsien. In die loop van die week is ons (redelik) saam, maar nie op Sondae nie. Gaan kyk ʼn mens na die eredienste waar die Christene in Suid-Afrika op ’n Sondagoggend vir Jesus skyn – natuurlik in ’n donker wêreld en soos die sterre aan die hemeltrans – is dit nog merendeels “jy in jou klein hoekie en ek in myn”.

Natuurlik is daar enkele uitsonderings en bestaan geïntegreerde en inklusiewe eredienste wel, maar binne die groot godsdienstige landskap in ons land is hulle persentasiegewys besonder min...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.