LESERSBRIEWE | ’n Ander ‘teesakkie’-storie

SAKKIE-SAKKIE

LESERSBRIEWE | ’n Ander ‘teesakkie’-storie

Na aanleiding van 'n onlangse storie oor 'n paar ou legendes in die fliekbedryf skryf 'n leser oor 'n ander beroemde wat sy teesakkies, nes Tommie Meyer, oor en oor gebruik het.


Baie bly oor Vrye Weekblad se terugkeer!  

Net 'n paar woorde ter aanvulling van die interessante artikel oor ons baanbreker-fliekmakers soos Jamie, Elmo, Jan, Manie, ensovoorts:

My pa, Gerrie Pheiffer,  was ook in die Hoërskool Voortrekker daar in Boksburg, en benewens die bogenoemde filmmense het hy ook gepraat van ander skoolgenote, naamlik Dana Niehaus (wat blykbaar 'n blitsige snelbouler vir die skool was), en Steve de Villiers, wat later een van die SAUK se beste sportkommentators geword het. 

Ek wil ook noem dat ek goed bevriend geraak het met die akteur Patrick Mynhardt tydens een van sy optredes hier in Hermanus (hy het trouens oorgebly by ons tydens 'n Kalfiefees), en ons het 'n heerlike (en liederlike!) korrespondensie met mekaar gevoer tot sy heengaan. Hy het ook die gewoonte gehad om sy teesakkie te behou vir 'n latere tweede koppie, wat my geïnspireer het om in een van my briewe aan hom 'n teesakkie in te sluit met die woorde: “Ek stuur sommer vir jou 'n jaar se teevoorraad, my ou tespiese vriend ...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X