Tannie: meer as net ʼn aanspreekvorm – dis ʼn volledige entiteit

IN DIE NAAM VAN RESPEK

Tannie: meer as net ʼn aanspreekvorm – dis ʼn volledige entiteit

MADELEINE BARNARD vertel hoekom “Die Tannie”-tendens haar so naar maak, en hoe vroue (van ’n “sekere ouderdom”, natuurlik), al gillende en skoppende, by die Tannie-laer ingesleep word.

EK neem myself nou die dag vir ’n stappie in die straat af, om my dikke agterent te probeer besweer. Op ’n straathoek stop ’n vrou, vermoedelik iewers in haar 30’s, met twee opgeskote seuntjies in die kar. Sy is op soek na ’n koswinkel. En sy spreek my aan as …“tannie”.

As daar een woord in die Afrikaanse taal is wat my onmiddellik na ’n emmer laat gryp, is dit “tannie”. Of dit nou gebruik word as beskrywing vir ’n vrou van ‘n “sekere ouderdom” of ’n inmengerige familielid wat met jou oom getroud is. En dan is daar die gruwel van ’n aanspreekvorm wat my oombliklik my ontbyt kan laat verloor – in bogenoemde emmer in.

Laat ek dit nou reeds vroeg in hierdie skrywe onomwonde stel: Ek is onbeskryflik bang vir tannies. (Ek beskou myself duidelik nie as ’n tannie nie.) My lewe lank al word ek agtervolg deur hulle en die suiwer voorbeeld wat hulle vir my stel. En ek weet dat geeneen van hulle my ooit haar stempel van goedkeuring sal gee nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.