Die verskil tussen genadegawe en aalmoes: goete wat ’n pa jou leer

KOPTJOMMIES

Die verskil tussen genadegawe en aalmoes: goete wat ’n pa jou leer

Jy het my geleer om te vergewe, om te lag, veral vir myself. Jy het my soveel geleer. Maar bowenal het jy my geleer om sonder jou klaar te kom as jy weg is. So skryf ANASTASIA DE VRIES oor haar pa.

MY pa was nie ’n kerkmens nie. Hy was ’n Christen. Ek kan die kere wat hy die banke van ’n kerk loop sit en blink skuur het, op my een hand tel. My pa was nie ’n kerkloper nie.Mis, kon jy hom nie mis nie. My pa was ’n groot man, by die 2m lank. Sy gesig streng. Te streng, sou baie ander sê. Kwai. Altyd so fronsgesig. Maar wat weet hulle van die dag van die skoene? Ek was so agt, nege. George Toelie amper 19. Soos gewoonlik het hy my pa met jaartwerkies kom help. Ek het weer die barste in sy hakke probeer tel. My pa het die huis ingegaan, teruggekom met ’n boks.  Ek het dit herken. Dit lê al maande onder in sy kas.Hy het die boks in George se hande gestop. Jy’s daam te groot om nou nog kaalvoet te loop, het my pa gesê. George het die skoene teen sy gesig gedruk. Sy eie paar skoene, het hy gestamel. My pa het sy skouer vasgevat, hom woordeloos in die rigting van die hek gedu. Toe my pa omdraai, het hy vinnig oor sy oë gevee. Stof, het hy gesê.Maar hoekom is die skoene nie al toeka vir hom gegee nie? Ek het daai dag die verskil tussen ’n genadegawe en ’n aalmoes leer ken. Vandag, het my pa gesê, het George hom ’n rede geskenk om uit sy oorvloed te gee. George wou altaardienaar wees, maar tussen hom en sy broer het hulle net een paar kerkskoene gehad. George hoef nie te geweet het die skoene is spesiaal vir hom gekoop nie.Gee wat seermaakEk het met nuwe oë na my loop-nie-kerk-nie-pa gekyk. Wanneer hy ná ’n nag op die see met ’n wavrag snoeke opgedaag het, vra ek nie hoekom vat die mense so klompe nie. Vat, het my pa gesê, vat soveel julle kan. Hulle gaan nou aan hulle mense ook uitdeel, het hy uit sy mondhoek gefluister. As húlle baie het, maak dit nie so seer om te gee nie.

Ek het nie geweet hoe dit voel nie. Gee wat seermaak. Maar ek het geweet my pa sou ’n man seermaak as hy hom hans probeer hou het met sy meisiekinners. En dan het dit nie saak gemaak dat hy en jy al jarre en jarre koptjommies is nie. Nee, as ons by my pa gekla het, het my pa jou op jou eie jaart loop platslaan en dan gepraat. Almal het geweet jy vat nie aan Dê se meisiekinners as jy jou lewe liefhet nie. Ek het altyd gedink hoe lucky God is dat hy nie so baie oor ons hoef te worry nie. Hy het my pa gehad.

Om ’n regte vuis te maak..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.