LESERSBRIEWE | Groot flater in kabinet

WAT DINK CYRIL?

LESERSBRIEWE | Groot flater in kabinet

President Ramaphosa het 'n groot flater begaan met sy aanstelling van die mense wat die ekonomie moet bestuur.

  • 14 Junie 2019
  • Vrye Denker
  • 1 min om te lees
  • artikel 24 van 25

ONS is omtrent almal baie bly dat Tito en Gordhan weer terug is in die kabinet. Hulle vul sleutelposisies wat uiters noodsaaklik is vir die gesondheid van SA se staatsfinansies. Enersyds omdat Tito die staatskas moet bewaar en andersyds omdat Gordhan een van die grootste en onproduktiefste belastinggeldvreters in die land, naamlik die staatsondernemings, moet probeer regdokter.

Maar waar word besluite oor ekonomiese aangeleenthede grootliks geneem? Nie deur die tesourie of staatsondernemings se ministeries nie. Nee, dis die ministerie vir ekonomiese sake en handel en nywerheid. Dus Ebrahim Patel se superministerie.

Ja, dis dieselfde Patel wat klaaglik in sy ou portefeulje daarin misluk het om veel indrukwekkends te vermag. Inteendeel, daar is 'n hele aantal mislukkings wat aan hom toegedig was in sy vorige "ekonomiese-ontwikkelingspogings" wat eerder ekonomiese groei aan bande gelê het as om groei te stimuleer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.