’n Ramp as druipende kinders bevorder word

OPVOEDKUNDE

’n Ramp as druipende kinders bevorder word

Dit maak opvoedkundige sin om kinders aan te skuif wanneer hulle die inhoud van 'n graad bemeester het. As hulle outomaties bevorder word, sal dit die laaste spyker in die doodskis van ons reeds sinkende laerskole wees, waarsku JONATHAN JANSEN.

'N AMPTELIKE dokument wat uit 'n invloedryke komitee van die departement van basiese onderrig kom en die ronde doen, vervat 'n “voorstel om outomatiese bevordering in die  grondslagfase in werking te stel". 

Afhangende van met wie jy praat, is die voorstel óf 'n besprekingsdokument óf kan dit as 'n fait accompli gesien word. Laat ek dit onomwonde stel: As hierdie beleid in werking gestel word, sal dit die laaste spyker in die doodskis van ons reeds sinkende laerskoolstelsel wees.

Dink 'n bietjie daaroor. ’n Kind druip in graad 1 en word bevorder na graad 2. Die kind dop weer en gaan aan na graad 3. Teen die tyd dat hierdie bevorderde leerders by graad 4 kom, is daar groot getalle kinders wat ongeletterd en ongeskoold in syfers is, wat druk sit op die stelsel om die malligheid van bevordering na die volgende fase van skoolopleiding voort te sit...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.