Weggooinasie: SA se groeiende plastiek-kopseer

ONS VERDRINK IN PLASTIEK

Weggooinasie: SA se groeiende plastiek-kopseer

Daar is uiters goeie redes hoekom die Suid-Afrikaanse regering plastieksakke behoort te verbied, maar dit lyk nie of dit maklik sal gebeur nie, aangesien die heffing op die verkoop van plastieksakke blykbaar 'n lekker inkomste inbring vir die nasionale tesourie. GIULETTA TALEVI het ondersoek ingestel.

  • 14 Junie 2019
  • Vrye Denker
  • 5 min om te lees
  • artikel 9 van 25
  • Giuletta Talevi

SUID-AFRIKA se eertydse minister van omgewingsake, Mohammed Valli Moosa, het die beroemde stelling gemaak dat die plastieksak ons “nasionale blom” is.

Plastieksakke is al jare lank 'n alomteenwoordige deel van Suid-Afrika se kleinhandellandskap. Maar as omgewingsaktiviste gehoop het dat 'n verbod op plastieksakke net om die draai is, gaan hulle teleurgestel word.

Die regering het in Junie 2004 'n heffing van 3c per sak ingestel in die hoop om plastiekafval te probeer verminder en hergebruik aan te moedig. Hierdie heffing het egter nou 'n klein en betroubare inkomste vir die nasionale tesourie geskep – van die eerste R41,2 miljoen wat plastieksakke in 2004 verdien het, het die heffing R241,3 miljoen in 2018 ingebring. Met 'n huidige heffing van 12c per sak beteken dit dat twee biljoen plastieksakke verlede jaar in Suid-Afrika verkoop is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.