Die dood hang in die lug op die Kaapse Vlakte, maar gee iemand om?

MISDAAD

Die dood hang in die lug op die Kaapse Vlakte, maar gee iemand om?

Moord is deel van die lewe op die Kaapse Vlakte. Maar mag ons nooit die brutaalhede in die land met mekaar vergelyk nie, skryf ISMAIL LAGARDIEN. Niemand het 'n monopolie op die dood nie.

WOENSDAG het ek vriende en familie besoek op die Kaapse Vlakte: van Athlone tot Manenberg, Mitchells Plain tot Delft. Die geluide van die Flats, die gekreun van verbrandingsenjins, die gekraak van eenvoudige skuilings, die skynbaar misplaaste geskreeu van ’n seevoël, die onophoudelike toetgeluide van taxi’s, die reuk van kos, en op plekke die dampe van imbawula, ou verfdromme met gate waarin daar vuur gemaak word om te kook ...

Die dood hang in die lug. Niemand stop om asem te haal nie. Almal beweeg stadig. Niemand praat oor die 14 mense wat verlede week voor die voet afgemaai is nie. Hoe klink die dood? Hoe glip dit tussen die ander geluide in? Hoe maak dit die nuus?

Die Wes-Kaap is soos ’n oorlogsone, het die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Albert Fritz, aan die begin van die week vir die media gesê. Maar die einde van oorloë raak verlore in die nuus. Wie onthou nog, of gee om, dat 16 jaar nadat Irak ingeval is, die land se mense nog steeds oorlog voer?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.