Kom ons praat oor waarom ons nie oor ons skole praat nie

EINDPUNT: EKSAMEN

Kom ons praat oor waarom ons nie oor ons skole praat nie

Die skoolkurrikulum sit taal-onderwysers in 'n dwangbaadjie, beroof hulle van kreatiwiteit en leer leerders nie hoe om kennis te skep of te verstaan nie. ANASTASIA DE VRIES wag dat iemand 'n optog reël.

NOUDAT ons praat oor al die mankemente en morsighede, die verwording van ons samelewing wat al hoe meer soos rou riool in ons skole stroom, kan ons praat oor waaroor ons nie praat nie?

Want van ’n mevrou Angie Motshekga wat van druip ’n kuns of kragtoer maak, wil ek nie praat nie. Ek mien ma, waa val sy yt met ’n “geen herhaling”-beleid in die grondslagfase? Jinne Semênta, lees my lippe: Grond-slag. Vang djy? Fondasie. Fondament. Basis. Bedding. Grondlegging. Steierwerk. Grondslag by any other name.

Vir die Panyaza Lesufi’s van dié land (en daar is vele in alle kleure en geure en tale) wat meen eentaligheid is ’n prestasie, het ek nie taal nie, nie eens in al die variasies van my taal wat ek magtig is nie. Nee kyk, vir hulle los ek met die woorde van prof. Achille Mbembe van Wits uit sy artikel Decolonizing the university: New directions: “Colonialism rhymes with monolingualism”...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.