Swart pyn en wit trane

KOLONISERING VAN DIE PYN VAN KOLONISERING

Swart pyn en wit trane

Wanneer word nederigheid, selfopoffering en dienskneg-wees eintlik 'n subtiele vorm van manipulering, wonder CAS WEPENER. Is nederige opofferende wit trane 'n aflaatbrief vir 'n aandeel in die verlede wat geteken sál word om onmiddellik absolusie te kan smaak?

So word hierdie tekste en waardes eintlik gekoloniseer om pyn te koloniseer.Binne die groter gesprek in Suid-Afrika oor witheid sny 'n hoofstuk getiteld “A resignation letter to performative whites” in Haji Mohamed Dawjee se Sorry, not sorry myns insiens 'n senuwee raak.

Sy maak die punt dat liberales se wit trane háár struggle koloniseer. Dawjee skryf: “I cannot drink from your fountain of self-induced sympathy any longer. I do not feel sorry for you. Going to protests and painting underprivileged schools in underprivileged areas does not remove your whiteness. And it does not remove our pain. You will not colonise our pain. You have no right to it. It is not yours, nor is this fight.”

Baie mense in Suid-Afrika het dit al beleef, daardie oomblik wanneer sensitiewe wit siele in trane uitbars terwyl 'n bruin persoon vertel van die ongeregtigheid wat hulle in byvoorbeeld Distrik Ses beleef het, en dat die bruin persoon aan die einde eintlik verbaas sit oor die feit dat sy of haar pyn oor die verlede nou volledig deur 'n wit (dikwels ook bevoorregte) persoon beliggaam en selfs besit word. Soms is die uiteinde dat die bruin persoon nou eintlik vir die wit persoon jammer voel, want haar swart trane vloei nou uit wit oogkaste...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.