En toe speel Arthur Fraser die rassekaart

DWARSTREKKERIGE EN ONTWYKENDE GETUIE

En toe speel Arthur Fraser die rassekaart

As die gewese spioenbaas Arthur Fraser hoop om hom bang te maak of die bronne van The President’s Keepers uit hom te kry met sy reuse-lastereis, gaan dit nie werk nie, sê die ondersoekende joernalis JACQUES PAUW.

EK het geweet dis net ’n kwessie van tyd voor die gewese spioenbaas Arthur Fraser die rassekaart speel.

Hy verafsku my waarskynlik. Ek het glo sy besigheid verwoes – vir wat is ’n direkteur-generaal van staatsveiligheid ’n direkteur/aandeelhouer in ’n maatskappy wat risikostrategieë vir sy kliënte ontwerp? – en sy reputasie as Suid-Afrika se bobaasklikker uitgedelg.

In April verlede jaar, twee maande nadat pres. Cyril Ramaphosa die leisels by Jacob Zuma oorgeneem het, moes Fraser sy kantoor by Musanda, die hoofkwartier van die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) by die Rietvleidam suidoos van Pretoria, ontruim en oorskuif na die karakterlose Poynton-gebou in Pretoria se middestad waar hy nou direkteur-generaal van korrektiewe dienste is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.