Omgewingsangs: een vrou se pogings om Planeet Aarde te help red

JOU OMGEWING

Omgewingsangs: een vrou se pogings om Planeet Aarde te help red

Klimaatsverandering is besig om die reëls van die lewe op ons planeet te herskryf. Die mensdom vermeerder teen ’n verbysterende spoed. Ons word verswelg in plastiek. Ons eetgewoontes veroorsaak pyn en lyding vir ander gevoelswesens. Maar hoe nou gedaan? Om haar omgewingsangs te besweer het MADELEINE BARNARD probeer, misluk en weer probeer.

WANNEER ek soggens in my kombuis instap, staan daar in die een hoek ’n klein asblik wat oorloop van kosverpakkings. Dit maak my baie netjiese lewensmaat gek. Hy hou van geordende ruimtes. Ek, aan die ander kant, ly aan twee geite: ’n opgaarnuk, gekombineer met omgewingsangs. En dit lei tot interessante praktyke in my huis.

Omgewingsangs is deesdae ’n ding. As ʼn mens deur sosiale media blaai, word jy konstant gekonfronteer met wat mense besig is om aan die planeet te doen. En hoe die aarde al hoe hewiger reageer in die vorm van klimaatsverandering. Spesies word uitgewis, die lug word besoedel, die oseane en groot gedeeltes van die aarde is oorweldig deur afval.

Plastiekeiland..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.