LESERSBRIEF | Pensioenfondse wag om besteel te word

DONKER GAT

LESERSBRIEF | Pensioenfondse wag om besteel te word

Die regering wil sy strooptog uitbrei deur verpligte beleggings in staatsinstellings.

Image: 123RF/ INSTINIA

DIE pensioenfondsbedryf is R4 triljoen sterk. 'n Pot goud wat wag om besteel te word.

Hiervan is 50% staatsamptenare se pensioenfondse wat reeds deur die regering gestroop word om sy bankrot instellings soos Eskom, Denel  en ander staande te hou. Hulle het nóg geld dringend nodig.

Nou wil die regering sy strooptog uitbrei na alle pensioenfondse deur hulle met wetgewing te verplig om in staatsinstellings te belê. Ons weet dat dit tog daar net sal verdwyn in die sakke van ’n paar indiviue wat in elk geval nooit voor die hof sal beland nie. 

Iets soortgelyks is gedurende die 1970's en 1980's toegepas. Die uitwerking wat dit op pensioenfondse en die ekonomie gehad het, het die regering in 1989 verplig om die stelsel te staak. Leer ons huidige regering dan nie uit die foute van hul voorgangers nie?

Oor die jare het ons by die Vereniging vir Monitering en Voorspraak van Regeringspensioene (AMAGP)  ’n veldtog gevoer om lede van pensioenfondse te oortuig om nie hul aktuariële belang uit die fondse te onttrek nie omdat dit nóg tot hul eie voordeel nóg tot die van hul pensioenfonds is. Danksy die regering glo hulle ons nou nie meer nie. Hul geld is in gevaar en natuurlik sal hulle onttrek en hardloop. Die regering is dus besig om alle pensioenfondse, en nie net dié van staatsamptenare nie, te sink.

Later vanjaar gaan ongeveer 30 000 amptenare aftree ingevolge die program om die staastsdiens te verklein. Ons vrees is dat hulle hul geld uit die staatspensioenfonds gaan onttrek. - Adamus P Stemmet, AMAGP


Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.