Pa en seun se vliegtuigdroom word geldelike nagmerrie

WAPENHANDEL

Pa en seun se vliegtuigdroom word geldelike nagmerrie

Die droom van ʼn pa en seun om ʼn militêre verkenningsvliegtuig te bou wat jaarliks biljoene rande vir die Suid-Afrikaanse wapenbedryf sou kon verdien het, het ontaard in ʼn hofstryd teen ʼn internasionale wapenhandelaar. ERIKA GIBSON het die hofstukke bekyk.

Paul Potgieter en sy naamgenoot-seun het in 2008 begin ontwikkel aan die Ahrlac, ʼn vastevlerk-verkenningsvliegtuig wat ten spyte van sy lae koste in selfs die onbegaanbaarste gebiede kan opstyg en land.

Potgieter sr. was destyds aan die hoof van ontwikkeling en vervaardiging van nóg ʼn produk wat eens groot belofte ingehou het, Suid-Afrika se Rooivalk-aanvalshelikopter.

Die Ahrlac sou veral geskik wees vir laehoogte-verkenning en grenspatrollies en het heelwat belangstelling uit veral die Midde-Ooste ontlok. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die staatsbeheerde wapenvervaardiger Denel het weens hul eie finansiële verknorsing nie veel belangstelling getoon nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.