Hou op om ons boeke te brand!

SIN VIR DIE WAARDE VAN OPVOEDING VERLOOR

Hou op om ons boeke te brand!

Enige argument wat geweld in ons land goedpraat, is uiters gevaarlik. Ons speel met vuur, skryf JONATHAN JANSEN, wanneer studente op kampusse en betogers in townships begin om oppervlakkige redes te kry om brand te stig in die naam van vooruitgang.

IN 'n arm plattelandse township met 'n yl bevolking, omtrent 66 km wes van Klerksdorp, het die regering 'n moderne biblioteek ter waarde van sowat R12 miljoen gebou. Die Letsopa-gemeenskapsbiblioteek was iets waarlik besonders – dit het 'n speelgoedbiblioteek-afdeling gehad vir die kleinspan en 'n afdeling spesiaal vir blindes.

Hierdie ryk opvoedkundige hulpbron bedien die armste van arm gemeenskappe al vyf jaar lank. Toe word 'n groep plaaslike inwoners verlede week kwaad en brand die biblioteek af.

Dink ’n bietjie daaroor: Ons het wit, bevoorregte skole oor die hele Suid-Afrika met indrukwekkende geriewe soos gemoderniseerde rekenaarlaboratoriums en Astroturf-oppervlaktes vir hokkie, net 'n kort entjie weg van swart skole waar kinders in hul eie stront versmoor. Hierdie massiewe ongelykhede het ontwikkel oor 'n tydperk van meer as ’n eeu...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.