Kampusse moet nou sorg waar regering faal

SURROGAAT VIR STAAT

Kampusse moet nou sorg waar regering faal

In reaksie op Adam Habib se onlangs gepubliseerde boek, Rebels and rage, bespiegel JONATHAN JANSEN of Suid-Afrikaanse universiteite nie al hoe swaarder begin dra aan ons verbrokkelende onwikkelingstaat se bagasie nie.

IETS ongewoons het hierdie week gebeur. 'n Klein groepie universiteitshoofde, studente en administrateurs het in 'n vertrek byeengekom om die toekoms van universiteite te betrag. Die geleentheid was die onlangse publikasie van Rebels and rage deur die visekanselier van Wits, prof. Adam Habib.

Die intense debat oor die boek, en wat dit sê oor ons toekoms, was raar, want senior universiteitsdenkers kon peins oor 'n kwellende onderwerp, sonder die onderbrekings en effekbejag wat algemeen geword het by sulke geleenthede.

Deesdae, as 'n mens in ons universiteite 'n boek oor die politiek van universiteite wil bespreek, reël jy ekstra veiligheid, want daar sal studente wees (as hulle werklik studente is) wat hul bolyf sal ontbloot of die spreker se uitsig met plakkate sal belemmer. Of skelwoorde sal skree. ’n Akademiese geleentheid gee jou ’n platform vir ’n spektakel; ’n gehoor wat jy nie andersins sou gehad het nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.