Die verhaal van die wyse Johannes Masilela

BUITEPERD

Die verhaal van die wyse Johannes Masilela

Die plaas Waaigras op die Hoëveld is net soveel die woonplek van die Masilelas as die Horns en die Duigans, vertel JAN HORN. Hier is sy verhaal oor wyle Johannes, die jongste broer van dié Ndebele-familiegroep, en al sy wyshede.

VERLEDE week is Charlie Masilela hier op ons plaas, Waaigras, begrawe. Charlie was die seun van Johannes Masilela. Johannes die Wyse. By die graf het die vroue eenkant gesit terwyl die manne die kis in die oop graf laat sak. Anders as in ons kerk, waar ons psalms en gesange sing, is daar gedurende die seremonie heeltyd gesing. Die voorsinger sit in. Dan antwoord die diep basstemme van die manne en die vroue neem oor met ’n ritmiese klank wat golwend oor die veld styg en daal.

Charlie se rietmat is seremonieel in twee gebreek en onder in die graf geplaas. Toe sy pa, Johannes, hier begrawe is, is sy kierie ook gebreek – simbool dat sy tyd hier op die aarde verby is.

Die kis is laat sak. Dis maar klipperige grond en onder in die graf het die kis skeef gaan lê. Dit sou nie deug nie. ’n Mens kan nie rustig lê as jou bed, of jou laaste rusplek, skeef is nie. Twee jongmanne het afgeklim en met klippe die kis weer waterpas gemaak. Nou kon Charlie ordentlik rus. Sy kombers is oor die kis gedrapeer en daarna is ’n vars vel van ’n bees, wat gisteraand geslag is, oor die kis gegooi...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.