Laaste beuel vir miskende helde

"DIE VREDE KOM LATER"

Laaste beuel vir miskende helde

By die bekendstelling van die digter Diana Ferrus se nuwe bundel neem die speel van The Last Post vir ANASTASIA DE VRIES op 'n reis na al die oorlogshelde wat deur die krake van die geskiedenis geval het.

JUNIE 1987. In ’n kerkhof op Worcester hef ’n 18-jarige leerling van die Drostdy-seunskool sy beuel na die hemele, ’n laaste eerbetoon aan ’n haas vergete oorlogsheld, een van die vele tot nou miskende helde in ’n oorlog wat steeds soos gister in ons kollektiewe geheue leef.

The Last Post speel hy, dié seunskind sonder naam, blaas sy beuel vir skutter Jacobus Marinus Daniel Ferrus, diensnommer 304463, oudsoldaat in die Kaapse Korps (tweede divisie), in Junie 1942 by Tobruk gevange geneem. Speel hy oor ’n kleurgrens heen vir ’n man met wie se menswees en menswaardigheid syne vir ewig verbind sal bly. Maar het hy toe geweet dat die note, ingekleur met droefheid en onthou, ook ’n belofte was dat dié wat agterbly, nooit sou of mag vergeet nie?

Sy kan nie, sê Diana Ferrus die afgelope Saterdag by die bekendstelling van haar nuwe bundel Die vrede kom later, waarin sy onder meer dig oor hoe trauma van geslag tot geslag oorgedra word, oor vroue wat die intieme ruimtes bymekaar hou wanneer die mans hulle dood worstel aan die verlede, oor ’n wit seunskind wat die “ware lied” vir haar pa op sy beuel kom speel het toe hulle niemand anders kon vind nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.