ESKOM se finansiële jaarverslag is ’n duidelike teken dat die maatskappy hom in ’n doodspiraal bevind met geen plan in sig om hom daaruit te kry nie. En Eskom-bestuurders het gewaarsku dat nóg bloed gaan vloei nadat die verslag vandeesweek bekend gemaak is.
Die kragreus het ’n rekordverlies van R20.7 biljoen in die boekjaar tot einde Maart – en ’n soortgelyke verlies word volgende jaar verwag weens stygende skuld en inkomste wat krimp.
Die maatskappy is R440 biljoen in die skuld weens pogings om sy massiewe en swakbestuurde kapitaalbouprogram te befonds. Eskom kon nie sy skuld die afgelope twee jaar uit sy inkomste betaal nie en is nou van die regering afhanklik om hom te red. Maar selfs al bou hy meer kapasiteit deur nuwe kragstasies in gebruik te neem, kan die maatskappy nie méér elektrisiteit verkoop nie omdat sy kliënte ander kragbronne soek...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.