Die klein sprong tussen woorde en wonde

HAATSPRAAK

Die klein sprong tussen woorde en wonde

Is aanlyn bullebakkery teistering en geweld? Of net vryheid van spraak? Of haatspraak? HERMAN WASSERMAN bekyk die nuwe strydperk.

VERBALE mishandeling het deel van haar daaglikse roetine geword, skryf die veteraan-joernalis Ferial Haffajee in 'n roerende en terneerdrukkende rubriek. Elke oggend, vertel sy, as sy haar selfoon optel, wag daar vir haar 'n stroom kru beledigings op haar WhatsApp- en haar Twitter-rekening. Hoewel sy soms kwaai woorde terugslinger, eis hierdie konstante stroom aanvalle nie net ’n hoë persoonlike tol op haar nie, maar het sy ook al meer beskroomd geraak om politici, by name die EFF, aan te vat op mediakonferensies.

Vroeër vanjaar het 'n ander veteraan van die joernalistiek, Karima Brown, 'n hofsaak teen die EFF-leier Julius Malema gewen nadat hy haar selfoonnommer op Twitter gepubliseer het en sy daarna die slagoffer geword het van persoonlike aanvalle en selfs moord- en verkragtingsdreigemente.

Dis voorvalle soos hierdie wat die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) en vyf joernaliste  van verskillende nuusplatforms – Adriaan Basson (News24), Barry Bateman (Eyewitness News), Max du Preez  (Vrye Weekblad), Pauli van Wyk (Daily Maverick) en Ranjeni Munusamy (Tiso Blackstar) – genoop het om vandeesweek 'n saak in die Pretoriase gelykheidshof aanhangig te maak teen die EFF. Hulle beskuldig die EFF daarvan dat die party haatspraak teenoor hulle beoefen, en dat die party se verbale aanvalle op hulle kan lei tot teistering en geweld deur EFF-ondersteuners...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.