Klaar geleer en werkloos? Hou op kerm en doen iets

VASBYT, DEURDRUK

Klaar geleer en werkloos? Hou op kerm en doen iets

Jy het so pas 'n graad verwerf, maar jy is werkloos. Hoe nou gedaan – sit jy en kla by die huis of maak jy konstruktief gebruik van die tyd? JONATHAN JANSEN deel 10 harde werklikhede met gekwalifiseerde werkloses.

TOE Statistieke Suid-Afrika (SSA) die jongste uitslae van die kwartaallikse arbeidsmag-peiling bekend gemaak het, het dit paniek ontketen. Hierdie is 'n land met 'n ekonomie reeds in die waaksaal, terwyl familielede (die regerende party) onder mekaar baklei rondom die siek pasiënt, selfs terwyl dr. I.M.F. in die gang aankom met bitter medisyne om die pasiënt uit sy koma te kry. Die prognose is donker. Omtrent 29% van almal wat kan werk, is werkloos – dit is 6.7 miljoen mense. Hierdie werkloosheidsyfer is hoër as die vorige skatting (27.6%), en Suid-Afrika het nou die hoogste werkloosheidsyfer sedert Thabo Mbeki president was in 2003.

Soos die uitslae aangekondig is, het allerhande bog in die druk- en sosiale media opgeduik oor die waarde van onderwys. Wat wil jy wees as jy groot is? “Iemand wat werk het,” antwoord 'n kind. Watter nut het 'n graad? Ons het 'n probleem met opgeleide werkloses, kla ander.

Soos verwag is, het ons arme joernaliste, altyd op soek na 'n sensasionele aanhaling, 'n paar werklose ongeluksvoëls gaan uitkrap om hul lot met hartverskeurende stories te bekla...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.