POLITIEKE NOTABOEK | Die EFF se Twitterkrygers en Helena van Trolle

TERUGBLIK OP DIE WEEK

POLITIEKE NOTABOEK | Die EFF se Twitterkrygers en Helena van Trolle

Die EFF se whiskysuipers wil bos toe en Helen Zille raak weer die kluts kwyt. Deur MAX DU PREEZ.

MAAK toe jou oë en probeer jou dít verbeel: ’n Swetende Floyd Shivambu in ’n XXXL-kamoefleerpak met ’n AK-47 om die nek; Julius Malema wat met ’n mes tussen die tande deur die digte bosse leopard crawl; Dali Mpofu met RPG oor die skouer in volle vaart om die vyand te gaan vernietig.

Nee, ek is bevrees my verbeelding is nie sterk genoeg nie. Ek sien steeds net ’n klomp bullshitters met sagte handjies en ’n voorliefde vir duur whisky.

Maar bos toe wil dié knape. Hier is Malema laas Vrydag buite die hof waar sy party weer eens bloedneus gekry het: “As regters oordele gaan vel volgens wie voor hulle verskyn, moet julle weet ons sal geen ander opsie hê as om die wapen op te neem nie, want daar is geen neutraliteit in Suid-Afrika nie. ’n Bevooroordeelde regter sal ons verplig om bos toe te gaan, en ons wil nie bos toe gaan nie.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.