Suid-Afrika kan nie sy tyd vat met grondhervorming nie

ONS MOET OPSKUD

Suid-Afrika kan nie sy tyd vat met grondhervorming nie

Dringende vordering met die herverdeling van grond kan gedoen word deur onder meer aansporingsmeganismes vir vrywillige deelname sonder om te wag vir die lang en burokratiese goedkeuringsprosesse. Só skryf prof. JOHANN KIRSTEN in die tweede van ’n reeks artikels oor die grondplan.

  • 23 Augustus 2019
  • Vrye Denker
  • 6 min om te lees
  • artikel 18 van 31
  • Johann Kirsten

DIE onlangse verslag deur die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en die landbou stel voor dat ’n aantal beleidsrigtings en witskrifte deur die regering en belanghebbendes opgestel moet word. Verskeie kommentators het reeds hul kommer hieroor uitgespreek ­– Suid-Afrika het eenvoudig nie die tyd vir ’n uitgerekte proses nie.

Die regering moet dit ten alle koste vermy en fokus op beleidsaansporings wat ’n volhoubare grondhervormingsproses en groeiende landbousektor doeltreffend teweeg sal bring. Die ontwerpproses kan kort gehou word deur die implementering van die lesse van moderne beleidsontwerp, wat wegbeweeg het van die standaard bo-na-onder-programme wat burokrate voorstaan.

Baie lande soos Kanada, Australië en die Britte maak nou gebruik van gedragsinsigte om beleidsinstrumente en programme te ontwerp. Insig oor gedrag word gebruik om begrip te verbeter oor hoe konteks, vooroordeel en ander faktore mense en organisasies beїnvloed...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.