Doodmaak van Alice-koeie: Ons kyk in die afgrond in

STUDENTE-SLAGTERS

Doodmaak van Alice-koeie: Ons kyk in die afgrond in

Die ondenkbare wreedheid teenoor diere waar 'n groep studente stukke vleis uit twee lewendige koeie gesny het, is 'n baie, baie ernstige oomblik in hierdie land se geskiedenis, maan JONATHAN JANSEN.

DIE bewerige video-opname wat op die internet beskikbaar is, is die ellendigste ding waarna enige mens kan kyk.

Jy sien 'n vreesbevange koei hardloop vir haar lewe oor die oop vlaktes van die plattelandse universiteitsdorp Alice in die Oos-Kaap. Op haar hakke is 'n opgewerkte groep studente, pas terug van 'n protesaksie oor die vermeende nie-betaling van finansiële bystand. Die laaste greep van die video wys die bebloede oorskot van die dier.

Nadat hulle nie daarin geslaag het om die plaaslike melkery binne te dring om die kalwers dood te maak nie – die diere is vinnig verwyder – het die jeugdiges van die plaaslike inwoners se koeie dorp toe gejaag. Wat volgende gebeur het, is so reg uit ’n rillerfliek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.