Dís hoekom ons ’n grondhervormingsfonds nodig het

ALMAL SPEEL ’N ROL

Dís hoekom ons ’n grondhervormingsfonds nodig het

Boere behoort nie alleen die verantwoordelikheid te dra vir die herverdeling van grond nie, skryf prof. JOHANN KIRSTEN in die derde van ’n reeks artikels oor die grondplan.

IN die vorige artikel (https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2019-08-22-suid-afrika-kan-nie-sy-tyd-vat-met-grondhervorming-nie/) in dié reeks het ek 'n spesifieke rol vir kommersiële boere en ander grondeienaars uitgelig: Hulle kan grond skenk in ruil vir sekere aansporings- en erkenningsmeganismes.

Dit is wel onregverdig dat boere al die verantwoordelikheid vir die proses van grondherverdeling moet dra. Wit boere is nie al wit mense wat deur die ou bestel bevoordeel is nie en die meeste van diegene wat uit apartheid munt geslaan het, bly in stedelike gebiede.

Die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming het 'n grondhervormingsfonds voorgestel sodat die las meer eweredig verdeel kan word. Dié fondskonsep is die kern van die paneel se verslag en word in detail daarin bespreek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X