Gwede Mantashe: vergiftiger van die ANC se voetsoolvlak-demokrasie

ALLIANSIEPOLITIEK

Gwede Mantashe: vergiftiger van die ANC se voetsoolvlak-demokrasie

Gwede Mantashe en Jacob Zuma was die perfekte kombinasie om te bewys dat bevrydingspolitiek se morele veronderstellings hoogs verhandelbaar is, skryf PIET CROUKAMP.

SAMSON Gwede Mantashe is nie die prototipe-kameraad nie. Hy was nie op die Eiland nie en hy was ook nooit ’n uitgewekene (’n exile) nie. Sy politieke tande het hy in die vakbondwese gesny, maar hy was nooit werklik naby die “coalface” nie. Sy eerste pos in die mynbedryf, in 1975, was as ’n rekreasiebeampte op Western Deep Levels, wes van Johannesburg. 

Dieselfde jaar, in 1982, word hy ’n maatskaplike beampte op die kopermyne van Prieska. Albei dié poste is in daardie jare normaalweg gevul met mense wat die mynbestuur ter wille was. Mantashe was die stereotipiese teekamer-apparatsjik wat nooit ’n wapen sou opneem nie. In 1985 word hy deel van die bestuur van die NUM. Hy is nie verkies omdat hy enigsins militant was nie, maar eerder omdat hy goed met mynbestuur oor die weg gekom het.

Sagte kantoorwerk..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.