REGTERS PERSOONLIK AANGEVAL
Ou truuks in nuwe aanslag teen regbank, vervolgingsgesag
In die aanloop tot die komende strafregtelike vervolging van 'n paar prominente politici en amptenare het die ou KGB-strategieë van kompromat en dezinformatsiya nou voluit deel van ons politieke kultuur geword, skryf MAX DU PREEZ.
REGTERS PERSOONLIK AANGEVAL
Ou truuks in nuwe aanslag teen regbank, vervolgingsgesag
In die aanloop tot die komende strafregtelike vervolging van 'n paar prominente politici en amptenare het die ou KGB-strategieë van kompromat en dezinformatsiya nou voluit deel van ons politieke kultuur geword, skryf MAX DU PREEZ.
Deel
KOMPROMAT is kort vir “kompromiterende materiaal” wat oor opponente voorberei en versprei word om hulle te diskrediteer. Dezinformatsiya is waninligting, dossiere of materiaal met brokkies waarheid wat 'n valse narratief oor 'n saak of 'n groep versprei.
Tydens die Koue Oorlog het die KGB spesiale afdelings gehad wat dié bedrywighede bestuur het. Die CIA en MI5 het self ook soms van die tegnieke gebruik gemaak. Dit was voor sosiale media 'n werklikheid geword het.
Facebook en Twitter is amper ontwerp om kompromat en dezinformatsiya te fasiliteer. Die wigte en teenwigte van hoofstroommedia is afwesig en plegers van dié praktyke kan anoniem bly en die gevolge van die valshede ontvlug. Die Kremlin is wéér die spesialiste daarvan en gebruik dit om in ander lande se politieke prosesse in te meng...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Max du Preez
HoofredakteurMax du Preez is die hoofredakteur van Vrye Weekblad. Hy was die stigtersredakteur van die oorspronklike Vrye Weekblad.