Xenofobie: Nie net in Suid-Afrika nie

TERUG NA 1949

Xenofobie: Nie net in Suid-Afrika nie

Die paranoïese, haatgevulde, xenofobiese, vrouehatende, bloeddorstig-afskuwelike gesig wat Suid-Afrika die afgelope week aan die wêreld gewys het, lyk nie juis anders as Amerika se leë en dooie oë nie, skryf DANIEL MAGAZINER.

Elke keer wat daar ’n sekere soort geweld in Suid-Afrika is, dink ek aan 1949. Halfpad deur Januarie daardie jaar het ’n enkele insident tussen ’n Indiese winkeleienaar en ’n jong swart man tot dae van geweld en brutaliteit oor die hele Durban heen gelei.

Die regerende Nasionale Party is minder as ’n jaar vantevore verkies en het nog nie kans gehad om sy plan vir verdeelde stede in werking te stel nie. Swart en Indiese mense het in ’n roesemoes tussen die dokke en die middestad saamgewoon, in hostelle en digte straatjies van winkels, moskees en markte. Dit was álmal se strate, en dit was min of meer vreedsaam.

Maar nie in daardie Januarie van 70 jaar gelede nie. Daar is ’n deel van hul persoonlikheid wat meeste mense probeer privaat hou, tot dit skielik eendag op- en uitvlam. Teen die tyd wat die geweld bedaar het, is amper 200 mense dood en tienduisende mense se huise verwoes...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X