Die verval van Makhanda stel Rhodes-universiteit se toekoms in gevaar

DIE RAMP VAN RHODES

Die verval van Makhanda stel Rhodes-universiteit se toekoms in gevaar

Soos die Makana-munisipaliteit toelaat dat die universiteitsdorp Makhanda, voorheen bekend as Grahamstad, stadig maar seker uitmekaarval, is daar ’n kans dat die Rhodes-universiteit sy status as een van Suid-Afrika se top-opvoedingsinstellings kan inboet.

HOOGSTRAAT lei direk na die majestueuse hekke van die Rhodes-universiteit. Dit is ook 'n rampgebied. Jy kan ernstige skade aan jou motor aanrig as jy een van die baie slaggate op hierdie verraderlike stuk pad raak ry.

Die winkels lyk afgerem en die moedelose bome is desperaat vir water. Op die gebreekte sypaadjies gee studente met netjiese hare en modieuse klere ferm maar versigtige treë in die rigting van die hekke van die Universiteit Tans Bekend As Rhodes (UTBAR).

Daar is die laaste tyd baie naamsveranderinge verwag in die klein Oos-kaapse dorp van Makhanda ('n groot Xhosa-kryger), selfs al lees al die naamborde in en uit die plek uit steeds Grahamstad. Ook die universiteit se naam was in die gedrang tydens die studenteprotesaksies van 2015-2016...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.