POLITIEKE NOTABOEK | Ace moet in sy moer vlieg en Thabo moet gaan Uber

DIE WEEK SE NUUS

POLITIEKE NOTABOEK | Ace moet in sy moer vlieg en Thabo moet gaan Uber

Die openbare beskermer is dalk só onbekwaam dat sy dink sy is ’n genie, Thabo is jaloers op Bob, en Ace verklaar wittes tot kwerekwere. Deur MAX DU PREEZ.

  • 20 September 2019
  • Vrye Denker
  • 9 min om te lees
  • Max du Preez

BUSISIWE Mkhwebane kry 2 uit 10 vir haar regskennis en 0 uit 10 vir haar onafhanklikheid as openbare beskermer (OB), maar ’n stewige 9 uit 10 vir haar vermoë om die openbare mening te ignoreer en teen alle getuienis in haar eie slagofferskap te verkondig. Sy klink al hoe meer soos Jacob Zuma wat steeds, ná al die getuienis, rondloop en vra: Watse staatskaping? Wie, ek?

Dié week het Mkhwebane voor ’n konferensie van regstudente aan Unisa selfs klappe na die regbank uitgedeel, die media beswadder en hoog en laag gesweer sy gaan haar termyn uitdien. Dit is eers in Oktober 2023. Die hemele help ons.

Maar Cyril Ramaphosa het dit nou baie moeilik vir sy parlementêre koukus gemaak om haar nie binnekort uit te skop nie. In stukke voor die hof wat dié week bekend geword het, sê hy prontuit Mkhwebane het ’n “bymotief”; dat sy die aanklagte oor sy stelling oor Bosasa-geld aan die parlement as “dekking” gebruik vir haar werklike doel: om sy verkiesingsveldtog en dié wat daartoe bygedra het, te ondersoek. Overgeset synde: Sy het politieke motiewe; sy wil die president van die ANC en van Suid-Afrika polities diskrediteer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.