Regeringsvakuum skep teelaarde vir variasie van Nigeriese kolonialisme

NEOKOLONIALISME

Regeringsvakuum skep teelaarde vir variasie van Nigeriese kolonialisme

Die antwoord teen misdadigheid lê nie in stereotipering of xenofobiese reaksies nie, maar in die versterking van Suid-Afrikaanse soewereiniteit, skryf HANS PIENAAR.

IN Lagos vat ’n vriendelike taximan my een nag om fuji te gaan luister, die verskriklike plaaslike musiek wat heavy metal na vioolspel laat klink. Ons moes middernag na die venue gaan, want die klokreël het almal beveel om van agtuur tot twaalfuur van die strate af te wees.

Ons was ’n bietjie vroeg en het in sy motor gesit en gesels toe twee belhamels skielik reg oorkant oor sy voorruit begin baklei. Die taximan het doodluiters die motor gesluit en sonder om ’n slag oor te slaan voortgegaan om te vertel hoe sakemanne mekaar vir geheime transaksies ontmoet. Eers het die een skurk, toe die ander, sy teenstander se gesig teen die ruit gedruk en spore bloed en snot agtergelaat. “Hulle is net hooligans,” het die taximan sy skouers opgehaal – die Nigeriese woord vir gangsters.

Toe die tyd aanbreek, wou hy by die polisie hoor of hulle my gaan lastig val. Die bestuurder wys vir hom waar die polisie is: Dit was die twee belhamels wat op ons venster kom baklei het, nou pootuit aan die sye van die vrou oor wie dit gegaan het.  ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.