Die syfers praat die waarheid: die DA se steun is aan die daal

OPPOSISIEPOLITIEK

Die syfers praat die waarheid: die DA se steun is aan die daal

Verkiesingswiskunde wys dat die DA se steun stelselmatig aan die daal is – en dit is slegte nuus vir Mmusi Maimane terwyl faksiegevegte in die party woed, skryf NATASHA MARRIAN.

WISKUNDE is een van die min sekerhede in die immer-veranderende politieke landskap. Die nommers jok nie. En wat hulle oor Suid-Afrika se amptelike opposisie, die DA, sê, is dat die party in 'n krisis is. Onlangse tussenverkiesings wys daar is geen einde aan die bloedlating in die DA sedert Mei se algemene verkiesing nie. Die party se steun het in dié verkiesing vir die eerste keer sedert die party se ontstaan in 2000 gedaal – van 22.23% in 2014 tot 20.7% vanjaar. 

Oudpres. Jacob Zuma se vertrek het potensieel verreikende gevolge vir opposisiepartye ingehou. Zuma was soos 'n geskenk vir hulle: steun vir die ANC by die stembus het onder sy bewind bly afneem weens sy skandale en onbekwaamheid. Die opposisie kon dit maklik uitbuit. Toe hy weg is, moes die opposisie skielik swaarder steun op wat hulle self aan kiesers bied. 

Dit het 'n duidelike strategiese probleem in die DA blootgelê - en die situasie is vererger deur swak leierskap en faksiegevegte wat die party se herstelpad verder in die wiele gery het. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X