Om Ismail Lagardien te wees

IDENTITEIT

Om Ismail Lagardien te wees

Ek het vir 20 jaar lank wyd en syd gewoon. Dit beteken ek moes vir twee dekades lank ’n gepaste antwoord hê op die vraag “So waar kom jy vandaan?”, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

EK het meestal daarmee weggekom om vaag oor verbeeldingsgemeenskappe en humanisme te praat. Maar toe kom ek terug Suid-Afrika toe.

Ek het in Julie 2011 op die Kaapstadse lughawe aangeland. Ek het die vorige 20 jaar deurgebring op plekke die aardbol vol. Groter Amasonië, waar ek my aan die Angel-valle verstom het. Die Carolinas in Amerika, wat voel soos die Vrystaat van die 1960’s. Eilande en kusdorpe van die Suid-Chinese See en die Sulu-see waar die branders breek op Borneo.

In Aberystwyth in Wallis, waar die Welsh Nationalists superglue in my kantoordeur se slot gesit het, tesame met die grafitti “Speak Welsh or go home” op my kantoormuur...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.