Hoe om ’n sinvolle gesprek te hê

MEER TAFEL, MINDER BOKSKRYT

Hoe om ’n sinvolle gesprek te hê

Dit is nie binne enige individu se mag om 'n ander persoon se opinie te verander nie. Dit is 'n proses wat elke persoon op sy of haar eie moet doen, skryf ELMIEN DU PLESSIS.

'n Kollega kom sit nou die dag in my kantoor. Hy wil weet wanneer ek nou 'n definitiewe standpunt gaan inneem oor die grondonteieningskwessie. Ek was effens onkant gevang, want ek was onder die indruk dat ek my standpunt redelik duidelik (en openbaar) kommunikeer. Hoe nou? was my vraag.

Verdere gesprek het dit duidelik gemaak dat die kollega wil hê ek moet my skaar by een van die uiterste standpunte, en meer van ’n dogmatiese benadering moet volg: of ek is vír die nasionalisering van grond, of ek is téén enige staatsinmenging. Óf ek sê: onteiening sonder vergoeding moet gebeur, óf ek vereis 'n reël van volle markwaarde in elke geval.

In die afwesigheid van só 'n dogmatiese besluit word enige ander besluit geklassifiseer as “geen standpunt”. 'n Standpunt sonder hoofletters, uitroeptekens en hashtags kan tog nie 'n volhoubare standpunt wees nie…..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.