Sakebase se miljoene is soos pornografie

GROOT GELD

Sakebase se miljoene is soos pornografie

Die bohaai om die enorme vergoedingspakket van Woolworths se uitvoerende hoof, Ian Moir, wys dat dit nie net oor persentasies gaan nie – direkteure moet die kwantum in gedagte hou, skryf ROB ROSE.

DIT blyk dat in die vyf jaar waartydens Woolworths lustig aandeelhouerwaarde vernietig het danksy die rampspoedige aankoop van die Australiese afdelingswinkelketting David Jones, die maatskappy se  uitvoerende hoof, Ian Moir, R191 miljoen in sy sak gesteek het. 

Dis 'n enorme bedrag, veral as jy in ag neem dat Woolies se aandeelprys in dieselfde tydperk met 38% getuimel het. In randterme is dit R32.2 biljoen in sy glorie. 

Moir, 'n gladdebek-Skot wat die dryfkrag was agter die aanskaf van David Jones in 2013, het verlede maand gesê dat hy dit oorweeg om te bedank. “Maar ek het gevoel dit sou totaal onverantwoordelik wees. Om op jou swaard te val is altyd die maklike uitweg. Ek doen eerder wat ek behoort te doen – ek aanvaar die verantwoordelikheid om reg te maak wat verbrou is," het hy aan Bloomberg gesê. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.