Politieke kuddementaliteit: Dink die groep vir jou?

TEEN DIE STROOM

Politieke kuddementaliteit: Dink die groep vir jou?

Is die ANC en die DA vasgevang in groepdenke? CHARL ADAMS dink daar is tekens dat politieke groeperings in Suid-Afrika soms in hul eie wêreldjies leef en nie oop is vir strydige idees nie.

GROEPDINK ... Só word daar in die sosiologie verwys na dié fenomeen. Dit kan verduidelik word as die praktyke, denke of besluite van 'n groep wat tipies die gevolg is van swak oordeel.

Dis 'n sielkundige dinamika wat ontstaan wanneer die groep se behoefte na eensgesindheid en konformering tot 'n sekere doel of stel waardes só gewigtig is dat die groep se besluite irrasioneel en wanfunksioneel word. Die individu word ook ondergeskik aan die groep en strydige idees word nie geduld nie.

Die befaamde sielkundige I.L. Janis van die Yale-universiteit het veral gewys op die verswakking van die oordeel van die groep wanneer die enkeling se bydrae tot besluitneming afgewater word en altyd ondergeskik aan die groep bly...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.