DA móét aanhou aanpas en verander

OPPOSISIEPOLITIEK

DA móét aanhou aanpas en verander

Onder 'n wit leier sal die DA maar daarmee vir lief moet neem dat hy 'n streekparty gaan word, skryf CAROL PATON.

DIE DA moet vooruit gaan, en nie agteruit nie, om suksesvol te wees. Maar om dit reg te kry moet die party voortgaan met sy trajek van verandering en evolusie. Dit sal beter vir die land ook wees as die DA op dié pad bly.

Vir lank het die DA deur 'n hele reeks veranderinge gegaan, wat dit waarskynlik die mees aanpasbare party in Suid-Afrika maak. Met sy ontstaan in 1959 as die Progressiewe Party is die DA gevestig as 'n liberale party wat staan vir die ideaal dat individuele vryheid die hoofdoel van die menslike samelewing is en dat almal gelyk is voor die wet.

Samelopend met die land se politieke evolusie het die Progressiewe Party – Engels, liberaal en van die hoër stand – verander in die Progressiewe Federale Party, toe die Demokratiese Party en toe die Demokratiese Alliansie in 2000, toe die party die laaste oorblyfsels van Afrikaner-nasionalisme ingesluk het. Daarmee saam het hulle steun in verkiesings gegroei. Van Helen Suzman se enkele setel in die parlement in 1959 tot 89 in 2014 onder Helen Zille se leiding...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.